R 1 295 000 - 6 Bedroom House For Sale in Potchefstroom Central

Web Ref:  1812171
Area Potchefstroom Central, Potchefstroom, North West
Agency Noordbrug Properties

Ellen du Plessis
082 652 9404
ellen@noordbrugproperties.co.za
4 Slaapkamerwoning met 2 slaapkamerwoonstel in Noordsentraal Potch

Hierdie stewige woning met vloere en kosyne van hout skep die gevoel van warmte.

Die eiendom is gesoneer as Residensieël 1 met bylae 574 wat dit ideaal maak vir ‘n gastehuis of ‘n kommune. Daar is onderdak parkering vir 7 motors. Die 2 slaapkamerwoonstel met 2 badkamers word tans verhuur teen R4800 per maand.

Die omgewing is baie gewild vir meenthuise en besighede soos spreekkamers, ‘n skoonheidsalon of prokureurskantore. Noordsentraal is gerieflik naby aan NWU en die sakesentrum. (Hierdie woning was oorspronklik ‘n “kraamhuis” wat nog sigbaar is aan die tipe wasbakke.) Die omgewing is buite die besige verkeer en het relatief min misdaad.

Die woning bied 4 slaapkamers, ‘n studeerkamer en groot woonvertrek met “bay window”. Daar is 2.5 badkamers, ‘n spens en aparte opwasvertrek

Die totale munisipale rekening (met 3 inwoners) beloop huidiglik ongeveer R2750 per maand.

Die omgewing en sonering bied ‘n wye verskeidenheid van moontlikhede.

Bedrooms 6 Bathrooms 4.5 En Suite 1
Carports 7 Erf Size 1 273 m² Floor Size 400 m²
Rates R 395 Pet Friendly Reception Rooms 1
Lounges 1 Study Built-in Cupboards
Flatlet Storeroom Garden