R 5 650 000 - Farm For Sale in Brandfort
Property high definition image Preloader

R 5 650 000 - Farm For Sale in Brandfort

Gesogte Wildsplaas te koop!

Hierdie is 'n pragtige wildsplaas in die hartjie van die Vrystaat. Die plaas is 490 ha groot en bestaan uit 6 weidingskampe. Daar is 'n omheinings sertifikaat van Wildbewaring asook WR nommer vir aanhou van buffels. Die 490 ha is alles wild omhein, met baie water ( 4 Windpompe, 1 Solar pomp, 1 dompelpomp en 'n bystand lister pomp) Daar kom ook 6 gronddamme voor waarvan 1 steeds water neem, maar die wal is beskadig. Daar loop ook spruite deur die plaas wat baie water voorsien en lekker poele maak gedurende reen neerslae.

Daar kom 2 jagtershuise voor, 1 rondawel, 2 store en 'n stal, 1 voer skuur, 2 werkershuise waarvan 1 in die veld voorkom. Daar is ook 'n koelkamer en slaghuis wat gepas is vir jagseisoene, veehanteringsgeriewe vir beeste kom voor. Die paaie op die plaas is in 'n goeie toestand. Solar krag en 'n kragopwekker is daar in geval van kragonderbrekings.

Daar kom ook 1 groot bufelkamp voor vir teeldiere wat 80 ha groot is, daar is ook 1 Sable kamp van ongeveer 35 ha groot en 'n kleiner kamp vir njalas van ongeveer 12 ha. Daar kom nog 'n kamp voor die opstalle voor wat toegerus is vir bulle en is ongeveer 13 ha groot.

Die drakrag is van hoë gehalte en meestal rooigras kom voor. Daar kom 'n nie - standhoudende spruit op die plaas voor.

Die geskatte bedrag van die diere / wild beloop ongeveer R 5, 5 miljoen en kan afsonderlik gekoop word. Die wildsyfers kan aangevra word indien nodig.

Die volgende implimente wat ingesluit kan word is: 2 x trekkers, slasher, dis, ripper.

Indien daar enige navrae is, kontak gerus die agent en BTW is uitgesluit op die prys.

Property Features

Key Features

Land Size490 ha

Exterior

Borehole

Contact Agent

*
*
*

Alerts

Register to receive alerts for properties For Sale in Brandfort

Share

Print Property

Estimated Monthly Repayments

R per month
Loan Term 20 years Interest Rate 11.75%